2 Chronicles 22:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Josabat, die dogter van die koning, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns wat gedood is, en hom en sy oppas in 'n slaapkamer gesit. Toe het Jósabat, die dogter van koning Joram, die vrou van die priester Jójada, (want sy was die suster van Ahásia) hom vir Atalia weggesteek, sodat sy hom nie gedood het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Jehoseba die dogter van koning Joram, het Ahasia se klein seuntjie Joas stilletjies weggevat tussen die ander seuns wat doodgemaak sou word. Sy het Joas en sy oppasser in ’n slaapkamer weggesteek. Jehoseba was die dogter van koning Joram en was getroud met Jojada die priester, en was die suster van Ahasia. Sy het die kind weggesteek sodat Atalia hom nie kon doodmaak nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Josabat, die dogter van die koning, het Joas, die seun van Ah sia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring; en Josabat, die dogter van koning Joram, die vrou van die priester Jojada -- want sy was die suster van Ah sia -- het hom vir At lia weggesteek, sodat sy hom nie gedood het nie. |
| Afrikaans 1983 | Een van die prinsesse, Jehoseba, het egter vir Joas, 'n seun van Ahasia, gegryp en hom stilletjies weggevat tussen die prinse wat doodgemaak sou word. Sy het hom en sy oppasster na 'n slaapkamer toe geneem en hom daar weggesteek sodat Atalia hom nie kon kry om hom te laat doodmaak nie. Jehoseba was 'n dogter van koning Joram en 'n suster van Ahasia. Sy was getroud met die priester Jojada. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jehosabat, 'n dogter van die koning, het egter vir Jehoas, seun van Ahasia, geneem, hom gesteel tussen die koning se seuns uit wat doodgemaak sou word, en hom en sy oppasser in 'n slaapkamer gehou. Jehosabat, 'n dogter van koning Jehoram en vrou van die priester Jojada, het hom weggesteek vir Atalia, sodat hy nie doodgemaak is nie. Sy was immers die suster van Ahasia. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar prinses Jehoseba het Ahasia se seun Joas weggeneem van die prinse wat sou sterf, niemand het dit gesien nie. Sy het vir Joas en die vrou wat hom moes oppas, weggesteek in 'n slaapkamer. Jehoseba was 'n dogter van koning Joram en sy was 'n suster van Ahasia. Sy was getroud met die priester Jojada. So het dit gebeur dat Joas nie gesterf het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ahasia se suster, Jehoseba, het egter Atalia se planne in die wiele gery. Sy was ’n dogter van koning Joram van Juda en sy het Ahasia se babaseuntjie, Joas, tussen die ander kinders weggevat, want sy het besef dat Atalia die kinders almal sou doodmaak. Sy het hom en sy verpleegster in ’n ander kamer gaan wegsteek. Op dié manier het Jehoseba, die vrou van die priester Jojada, Joas se lewe gered. |