2 Chronicles 22:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar toe Atalia, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy opgestaan en die hele koninklike geslag van die huis van Juda vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Atalia, die ma van koning Ahasia van Juda, hoor dat haar seun dood is, het sy die res van Juda se koningshuis uitgeroei.
Afrikaans 1933/1953 Toe At lia, die moeder van Ah sia, sien dat haar seun dood was, het sy haar gereedgemaak en die hele koninklike geslag van die huis van Juda omgebring.
Afrikaans 1983 Toe Ahasia se ma, Atalia, hoor haar seun is dood, het sy al die aanspraakmakers op die troon van Juda uit die weg geruim.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Atalia, Ahasia se moeder, sien dat haar seun dood is, het sy daartoe oorgegaan om die hele koninklike geslag van die huis van Juda om die lewe te bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe Ahasia se ma Atalia hoor dat haar seun dood is, het sy dadelik begin om almal in die koning van Juda se familie te vermoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Atalia hoor dat haar seun, Ahasia, dood is, het sy besluit om ook die res van die koningsgesin uit te wis.