2 Chronicles 22:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die inwoners van Jerusalem het Ahásia, sy jongste seun, in sy plek koning gemaak, want die bende manne wat saam met die Arabiere na die laer gekom het, het al die oudstes gedood. So het Ahasia, die seun van Joram, die koning van Juda, geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die inwoners van Jerusalem het toe Ahasia, die jongste seun van Joram, tot koning gekroon. Die plunderende bende Arabiere het al die ouer seuns doodgemaak. Ahasia, die jongste seun van Joram, het as koning oor Juda regeer.
Afrikaans 1933/1953 Toe maak die inwoners van Jerusalem Ah sia, sy jongste seun, koning in sy plek; want die bende wat met die Arabiere in die laer gekom het, het al die oueres gedood. En Ah sia, die seun van Joram, die koning van Juda, het koning geword.
Afrikaans 1983 Die inwoners van Jerusalem het vir Ahasia, die jongste seun van Joram, koning gemaak in sy pa se plek. Die ouer seuns is dood toe die bende Arabiere die inval gemaak het. So het Ahasia seun van koning Joram van Juda aan die bewind gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die inwoners van Jerusalem het Ahasia, Jehoram se jongste seun, in sy plek koning gemaak, want al die ouer seuns is doodgemaak deur die rowerbende wat saam met die Arabiere die kamp binnegekom het. So het Ahasia, seun van Jehoram, koning van Juda, koning geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Klomp manne het saam met die Arabiere die leër van Juda aangeval. Hulle het die ouer seuns van Joram almal doodgemaak. Die mense van Jerusalem het toe Joram se jongste seun Ahasia koning gemaak nadat sy pa gesterf het. So het Ahasia, die seun van koning Joram van Juda, koning geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Jerusalem het vir Ahasia, Joram se jongste seun, koning gemaak. Hy was al wat oor was nadat die bende wat hulle saam met die Arabiere aangeval het, al die ouer kinders doodgemaak het. Ahasia, koning Joram se seun, het toe koning geword.