2 Chronicles 21:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Joram uitgetrek met sy vorste en al sy strydwaens saam met hom; en hy het in die nag opgestaan en die Edomiete wat hom omsingel het, en die owerstes van die strydwaens verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Joram het Edom met sy volle leër en al sy strydwaens aangeval. Die Edomiete het hom en sy strydwa-offisiere omsingel, maar hy kon gedurende die nag ontsnap.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het Joram oorgetrek saam met sy owerstes en al sy strydwaens; en toe hy hom in die nag klaargemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat rondom hom was, en om die owerstes van die waens.
Afrikaans 1983 Joram het met sy offisiere en sy hele strydwamag uitgetrek en het in die nag 'n aanval gemaak op die Edomiete wat hom en sy strydwaoffisiere omsingel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jehoram het toe met sy bevelvoerders en al sy strydwaens by hom daarheen oorgetrek. Hy het in die nag gereedgemaak en die Edomiete wat hom en die •aanvoerders van die strydwamag omsingel het, verslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joram het na die land Edom gegaan saam met al sy offisiere en sy oorlogkarre. Hy het in die nag gereedgemaak en hy het die Edomiete oorwin wat rondom hom en sy offisiere was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joram het die Edomiete met sy hele leër en al sy strydwaens agternagesit om sy gesag oor hulle te herstel. Die Edomiete het hom en sy strydwaens egter omsingel, maar hy het in die nag in die donker weggekom.