2 Chronicles 21:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In sy dae het die Edomiete in opstand gekom onder die heerskappy van Juda en hulleself 'n koning gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Gedurende Joram se regering het die Edomiete teen Juda in opstand gekom en vir hulleself ’n koning gekroon.
Afrikaans 1933/1953 In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en 'n koning oor hulle aangestel.
Afrikaans 1983 In die tyd van Joram het die Edomiete teen Juda gerebelleer en 'n eie koning oor hulle aangestel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die tyd van Jehoram het die Edomiete weggebreek van die gesag van Juda en 'n koning oor hulle aangestel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die tyd toe Joram koning was, het die Edomiete opstandig geword teen Juda en die Edomiete het vir hulleself 'n koning gekies en aangestel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In Joram se tyd het die Edomiete van Juda af weggebreek en hulle eie koning aangestel.