2 Chronicles 21:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die HERE sou die huis van Dawid nie vernietig nie vanweë die verbond wat Hy met Dawid gesluit het, en soos Hy beloof het om vir hom en sy seuns vir ewig 'n lig te gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Here wou nie Dawid se koningshuis vernietig nie. Hy het immers ’n verbond met Dawid gesluit en belowe dat sy nageslag vir altyd op sy troon sou sit.
Afrikaans 1933/1953 Maar die HERE wou die huis van Dawid nie vernietig nie ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gesluit het, en volgens sy belofte om vir hom en sy seuns altyd 'n lamp te gee.
Afrikaans 1983 Die Here wou egter nie die koningshuis van Dawid uitroei nie, want Hy het met Dawid 'n verbond gesluit en het belowe om vir Dawid en sy nageslag die troon vir altyd te verseker.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gemaak het, wou die Here die huis van Dawid nie vernietig nie, aangesien Hy beloof het om vir hom en sy seuns altyd 'n lamp te gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here wou nie die koningshuis van Dawid laat ophou regeer nie, want Hy het 'n verbond gemaak met Dawid en Hy het belowe om altyd 'n lamp te laat brand vir Dawid en sy seuns, die Here het belowe dat een van hulle altyd koning sal wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die Here het gelukkig nie ’n einde gemaak aan die koningshuis van Dawid nie omdat Hy vir Dawid beloof het dat daar altyd iemand uit sy nageslag op sy troon sou sit.