2 Chronicles 21:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het in die weg van die konings van Israel gewandel soos die huis van Agab gedoen het, want hy het die dogter van Agab as vrou gehad; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Joram het die voorbeeld van die konings van Israel gevolg en was net so goddeloos soos koning Agab, want hy was met een van Agab se dogters getroud. Hy het gedoen wat baie verkeerd was vir die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het in die weg van die konings van Israel gewandel soos die huis van Agab gedoen het, want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die pad van die konings van Israel geloop soos die koningshuis van Agab gedoen het, want hy was getroud met 'n dogter van Agab. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die pad van die konings van Israel gevolg, soos die huis van Agab gedoen het, want Agab se dogter was sy vrou. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het verkeerd gelewe soos die konings van Israel, soos die familie van koning Agab, want hy was getroud met 'n dogter van Agab. Joram het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joram het geleef soos die meeste konings van Israel voor hom. Hy was net so sleg soos koning Agab, want hy het met een van Agab se dogters getrou. Hy het dinge gedoen wat vir die Here onaanvaarbaar was. |