2 Chronicles 21:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Joram opgestaan het vir die koninkryk van sy vader, het hy homself versterk en al sy broers met die swaard gedood en ook duikers van die vorste van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Joram as koning gevestig was, het hy al sy broers en sommige van die ander leiers van Israel doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe Joram die koningskap van sy vader aanvaar het en homself versterk het, het hy al sy broers met die swaard vermoor en ook sommige van die owerstes van Israel.
Afrikaans 1983 Nadat Joram die koningskap van sy pa oorgeneem het en seker van sy saak was, het hy al sy broers en ook van die Israelitiese leiers laat vermoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jehoram het beheer geneem oor die koninkryk van sy vader en sy posisie verstewig. Toe het hy al sy broers met die swaard omgebring, asook sommige van die leiers van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Joram koning geword het en toe hy seker was dat hy koning sal bly, het hy al sy broers laat doodmaak en ook party van die amptenare van Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Joram sy koningskap stewig gevestig het, het hy sy broers en sekere leiers van Israel vermoor.