2 Chronicles 21:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle vader het hulle groot geskenke gegee van silwer en goud en kosbare dinge, met omheinde stede in Juda; maar die koningskap het hy aan Joram gegee; want hy was die eersgeborene.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle pa het waardevolle geskenke van silwer en goud, kosbare voorwerpe en ook versterkte stede in Juda aan elkeen van hulle gegee. Hy het die koningskap aan Joram gegee, want hy was die oudste.
Afrikaans 1933/1953 En hulle vader het hulle baie geskenke gegee in silwer en goud en in kosbaarhede saam met versterkte stede in Juda; maar die koningskap het hy aan Joram gegee, want hy was die eersgeborene.
Afrikaans 1983 Hulle pa het vir hulle groot geskenke gegee, silwer, goud en ander kosbaarhede en ook vestingstede in Juda, maar die koningskap het hy aan Joram gegee, want dié was die oudste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle vader het vir hulle baie geskenke gegee: silwer, goud en ander kosbaarhede, en daarby nog stede wat versterk is in Juda. Die koningskap het hy egter vir Jehoram gegee, omdat hy die eersgeborene was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josafat het vir sy seuns baie presente gegee. Dit was silwer, goud, kosbare goed, en ook stede in Juda wat sterk mure het, maar hy het vir Joram koning laat word, want Joram was die oudste.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir hulle silwer en goue en allerlei kosbare goed gegee, asook versterkte stede in Juda. Joram het koning geword omdat hy die oudste seun was.