2 Chronicles 21:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Twee en dertig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en hy het agt jaar in Jerusalem geregeer en het sonder begeerte vertrek. Maar hulle het hom in die stad van Dawid begrawe, maar nie in die grafte van die konings nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Joram was 32 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het agt jaar in Jerusalem geheers. Niemand was jammer toe hy dood is nie. Hy is begrawe in die Dawidstad, maar nie in die koninklike begraafplaas nie.
Afrikaans 1933/1953 Hy was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het en het agt jaar in Jerusalem geregeer; en hy het heengegaan sonder dat hulle hom terug verlang het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar nie in die grafte van die konings nie.
Afrikaans 1983 Joram was twee en dertig toe hy koning geword het en hy het ag jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy heengaan is nie betreur nie. Hy is in die Dawidstad begrawe, maar nie in 'n koningsgraf nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy was twee-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het agt jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Hy het heengegaan sonder kosbaarhede. Hulle het hom in die Stad van Dawid begrawe, maar nie in die grafte van die konings nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy was 32 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was ag jaar lank koning in Jerusalem. Niemand was jammer toe hy gesterf het nie. Hulle het hom begrawe in die Dawidstad, maar nie in die grafte waar hulle die konings begrawe het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joram was 32 toe hy koning geword het en het vir agt jaar regeer. Niemand was jammer toe hy dood is nie. Hy is in die Dawidstad begrawe, maar nie in een van die koninklike grafte nie.