2 Chronicles 21:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur dat met verloop van tyd, ná die einde van twee jaar, sy ingewande weens sy siekte uitgeval het, sodat hy aan hewige siektes gesterf het. En sy volk het vir hom geen brand gemaak soos die verbranding van sy vaders nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Na die verloop van twee jaar het die siekte veroorsaak dat sy ingewande uitgekom het en hy ’n pynlike dood gesterf het. Sy volk het nie vir hom ’n vuur aangesteek soos hulle vir sy voorvaders gedoen het nie.
Afrikaans 1933/1953 En nenige tyd, naamlik teen die einde van die tweede jaar, het sy ingewande by sy siekte uitgekom, sodat hy onder hewige pyne gesterf het; en sy volk het vir hom geen wierookbrand gemaak soos die brand vir sy vaders nie.
Afrikaans 1983 Mettertyd, na omtrent twee jaar, het sy ingewande uitgekom as gevolg van die siekte, en hy het 'n pynlike dood gesterf. Sy volk het nie met sy dood vure aangesteek soos hulle dit vir sy voorvaders gedoen het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná verloop van tyd, ongeveer aan die einde van twee jaar, het sy ingewande uitgepeul as gevolg van sy siekte. Hy het 'n baie pynlike dood gesterf. Sy volk het geen dodevuur vir hom gemaak soos die dodevure vir sy voorvaders nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het sieker en sieker geword, en ná twee jaar het sy derms uitgekom. Hy het baie pyn gehad en hy het gesterf. Die mense het altyd 'n vuur aangesteek om die konings vóór Joram te eer, maar Joram se mense het nie 'n vuur vir hom aangesteek nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na twee jaar was hy so siek dat sy ingewande uitgekom het. Hy het baie pyn gehad en is uiteindelik dood. Sy mense het nie soos gewoonlik by die dood van konings vir hom ’n begrafnisvuur aangesteek nie.