2 Chronicles 21:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het in Juda opgetrek en daarin gebreek en al die goed wat in die huis van die koning gevind is, en ook sy seuns en sy vroue weggevoer; sodat daar nooit 'n seun van hom oorgebly het nie, behalwe Joahas, die jongste van sy seuns.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het teen Juda opgetrek, sy versterkings afgebreek, en alles wat van waarde is in die koninklike paleis, insluitend sy seuns en vroue, weggevoer. Net sy jongste seun Ahasia is gespaar.
Afrikaans 1933/1953 hulle het teen Juda opgetrek en dit verower en al die goed weggevoer wat in die huis van die koning te vinde was, selfs ook sy seuns en sy vroue, sodat daar vir hom geen seun oorgebly het nie, behalwe Joahas, die jongste van sy seuns.
Afrikaans 1983 Hulle het 'n inval in Juda gemaak en al die koninklike besittings in die paleis geroof, en ook sy seuns en sy vrouens. Al seun wat hulle vir hom laat oorbly het, was Joahas, sy jongste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het teen Juda opgetrek, deurgebreek en al die besittings weggevoer wat in die koninklike paleis te vinde was, selfs sy seuns en sy vroue. Vir hom het daar nie 'n seun oorgebly nie, behalwe Joahas, die jongste van sy seuns.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het oorlog gemaak teen die koning van Juda en hulle het hom oorwin. Hulle het al die goed gevat wat hulle in die paleis kon kry, en hulle het sy seuns en sy vroue gevang en saamgevat. Hulle het net sy jongste seun Joahas nie gevang nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Juda aangeval en die paleis beroof van alles wat waardevol was. Hulle het selfs sy vroue en kinders weggevat. Net een seun, Ahasia, die jongste, het agtergebly.