2 Chronicles 21:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, met 'n groot plaag sal die HERE jou volk en jou kinders en jou vroue en al jou goed tref. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou is die Here op die punt om jou en jou volk, jou kinders en jou vroue met ’n swaar slag te tref. |
| Afrikaans 1933/1953 | kyk, die HERE sal 'n groot plaag stuur onder u volk en onder u seuns en onder u vroue en onder al u goed, |
| Afrikaans 1983 | daarom sal die Here 'n groot ramp bring oor jou volk, jou kinders, jou vrouens en al wat jy besit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | kyk, daarom sal die Here jou volk, jou seuns, jou vroue en al jou besittings tref met 'n groot plaag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal die Here nou jou volk baie swaar laat kry en ook jou seuns en jou vroue en alles wat jy het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou gaan die Here jou straf, maar nie net vir jou nie. Ook jou mense, jou kinders en jou vroue gaan erg getref word. |