2 Chronicles 21:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het 'n skrywe van die profeet Elía aan hom gekom en gesê: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Omdat jy nie in die weë van jou vader Jósafat en in die weë van Asa, die koning van Juda, gewandel het nie, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elia die profeet het toe die volgende brief aan Joram gestuur: Dit is wat die Here, die God van jou voorvader Dawid, sê: Jy het nie die goeie voorbeeld van jou pa Josafat of jou oupa, koning Asa van Juda, gevolg nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom daar 'n brief van die profeet El¡a by hom aan om te sê: So spreek die HERE, die God van u vader Dawid: Omdat u in die weë van u vader Josafat en in die weë van Asa, die koning van Juda, nie gewandel het nie, |
| Afrikaans 1983 | Daar het vir hom 'n brief van die profeet Elia af gekom wat soos volg gelui het: “So sê die Here die God van jou voorvader Dawid: Omdat jy nie die pad van jou vader Josafat en van koning Asa van Juda loop nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar het toe van die profeet Elia 'n skrywe by hom aangekom wat lui: “So sê die Here, die God van jou voorvader Dawid, ‘Omdat jy nie die paaie van Josafat, jou vader, en die paaie van Asa, die koning van Juda, gevolg het nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het 'n brief van die profeet Elia by Joram gekom. Elia het geskryf: “Die Here, die God van jou voorvader Dawid, sê: Jy lewe nie soos jou pa Josafat of soos koning Asa van Juda gelewe het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die profeet Elia het vir Joram ’n brief geskryf. Hier is vir jou ’n boodskap van die Here, die God van Dawid, jou voorvader. Hy sê: Jy het nie die goeie voorbeeld van jou pa, Josafat, en jou oupa, Asa, gevolg nie. |