2 Chronicles 21:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het hy hoogtes op die berge van Juda gemaak en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en Juda daartoe gedwing. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook heidense hoogtes in die berge van Juda gebou, die inwoners van Jerusalem tot ontrouheid verlei en Juda op die verkeerde pad laat loop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook hoogtes op die berge van Juda gemaak en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en Juda verlei. |
| Afrikaans 1983 | Bowendien het Joram hoogtes ingerig in die berge van Juda, die inwoners van Jerusalem tot ontrou verlei en Juda 'n verkeerde pad laat loop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook offerhoogtes op die berge van Juda opgerig, die inwoners van Jerusalem hoerery laat bedryf en Juda so laat afdwaal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joram het ook offer-plekke gebou in die berge van Juda. Hy het die mense van Jerusalem ontrou laat word en hy het die mense van Juda weggelei van die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joram het selfs in die heuwelland van Juda hoogtes vir afgode gebou en die mense van Juda en Jerusalem verlei om afgode te dien. |