2 Chronicles 21:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die Edomiete het toe in opstand gekom onder die hand van Juda tot vandag toe. In dieselfde tyd het Libna ook in opstand gekom onder sy hand; omdat hy die HERE, die God van sy vaders, verlaat het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tot vandag toe is Edom onafhanklik. Die dorp Libna het in hierdie tyd in opstand gekom teen die gesag van Joram. Dit was omdat hy die Here die God van sy voorouers verlaat het. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword, tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword onder sy mag uit, want hy het die HERE, die God van sy vaders, verlaat. |
| Afrikaans 1983 | Die Edomiete het egter tog onafhanklik geword, en is dit vandag nog. In dié tyd het ook Libna teen die gesag van Joram in opstand gekom. Dit was omdat Joram nie die Here die God van sy voorvaders gedien het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Edomiete het weggebreek van die gesag van Juda; dit is vandag nog so. In dieselfde tyd het Libna ook van hom weggebreek, omdat Jehoram die Here, die God van sy voorouers, verlaat het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Edomiete het opstandig gebly teen Juda tot nou toe. Die mense van die stad Libna het in daardie tyd ook opstandig geword teen Joram. Dit het gebeur omdat hy nie die Here, die God van sy voorvaders, gedien het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van toe af was die Edomiete onafhanklik van Juda. |