2 Chronicles 20:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As ons, wanneer onheil oor ons kom, soos die swaard, oordeel of pes of hongersnood, ons voor hierdie huis en voor u aangesig staan (want u naam is in hierdie huis) en U roep in ons ellende, dan U sal hoor en help.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het gesê: ‘As ons bedreig word met rampspoed soos oorlog, siekte of hongersnood, sal ons kom staan in u teenwoordigheid voor hierdie tempel waar u Naam vereer word. Ons sal tot U roep uit ons ellende, en U sal ons hoor en ons verlos.’
Afrikaans 1933/1953 As daar oor ons onheil kom -- swaard, straf of pes of hongersnood -- sal ons voor hierdie huis en voor u aangesig gaan staan; want u Naam is in hierdie huis; en ons sal U aanroep uit ons benoudheid, dat U kan hoor en verlos.
Afrikaans 1983 ‘As U 'n ramp oor ons bring, of 'n oorlog om ons te straf, of pes, of hongersnood, sal ons voor hierdie tempel kom staan, voor U, want u Naam is in hierdie tempel, en ons sal na U om hulp roep uit ons nood. Hoor dan en help ons!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘As daar onheil oor ons kom – die swaard, oordeel, pessiekte, hongersnood – sal ons voor hierdie huis, voor U gaan staan, omdat u Naam in hierdie huis is, en omdat ons in ons nood na U om hulp roep, sal U hoor en red.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ‘Wanneer dit sleg gaan met ons, wanneer U ons straf met oorlog of pes of honger, dan sal ons voor hierdie tempel en voor U kom staan, want hierdie tempel behoort aan U. Ons sal bid en vra dat U ons moet help, en U sal hoor, U sal ons red.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het gesê: ‘As daar eendag iets vreesliks met ons gebeur, soos ’n oorlog, ’n vloed, siekte of hongersnood, sal ons hier by die tempel bymekaarkom. Dit is waar U woon. Ons sal hier kom pleit dat U ons moet help en U sal ons hoor en ons red!’