2 Chronicles 20:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is U nie ons God wat die inwoners van hierdie land voor u volk Israel verdryf het en dit aan die nageslag van u vriend Abraham vir ewig gegee het nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons God, het U nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uitgedryf nie? Het U nie die land vir altyd aan die nageslag van u vriend Abraham gegee nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Het U, onse God, nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdrywe en dit vir altyd aan die nageslag van Abraham, u vriend, gegee nie? |
| Afrikaans 1983 | Dit is U, ons God, wat die vroeëre inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdryf het en die land aan die nageslag van u vriend Abraham as 'n blywende besitting gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is dit nie U, ons God, wat die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uitgedryf het en dit vir ewig aan die nageslag van u vriend Abraham gegee het nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons God, U het die mense van hierdie land weggejaag om vir u volk Israel plek te maak en U het die land vir altyd vir die nageslag van u vriend Abraham gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, het U nie die volke wat in die land gewoon het, weggejaag toe u volk hier aangekom het nie? Het U nie toe die land vir Abraham se nageslag gegee om vir altyd hier te woon nie? |