2 Chronicles 20:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en gesê: HERE, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie? en heers jy nie oor al die koninkryke van die heidene nie? en in u hand is daar nie krag en krag nie, sodat niemand u kan weerstaan nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gebid: “Here, God van ons voorouers, is U nie die God wat in die hemel is nie? U is die heerser oor al die koninkryke op die aarde. U is kragtig en magtig. Niemand kan teen U staande bly nie.
Afrikaans 1933/1953 en hy sê: HERE, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en is U nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie.
Afrikaans 1983 en gebid: “Here, God van ons voorvaders, U is God. U heers uit die hemel oor al die koninkryke van die nasies. Uit u hand kom die mag en die krag. Niemand kan teen U stand hou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en gesê: “ Here, God van ons voorouers, is U nie 'n God wat in die hemel is nie? U heers oor al die koninkryke van die nasies. In u hand is krag en mag, en niemand kan teen U standhou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy het gesê: “Here, God van ons voorvaders, U is God in die hemel, U regeer oor al die lande van die volke. U is sterk, niemand kan teen U bly staan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het gebid: “Here, God van ons voorouers, U is die enigste God in die hemel en die Heerser oor alle koninkryke op aarde. U is sterk en magtig. Niemand kan U wen nie!