2 Chronicles 20:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Juda het bymekaargekom om die HERE om hulp te vra; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om die HERE te soek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense het van al die dorpe in Juda na Jerusalem toe gekom om die Here se hulp te soek.
Afrikaans 1933/1953 En Juda het byeengekom om van die HERE hulp te soek; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om die HERE te soek.
Afrikaans 1983 en die Judeërs het bymekaargekom om die hulp van die Here te vra. Uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here se hulp te vra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juda het toe byeengekom om by die Here hulp te soek; ja, uit al die dorpe van Juda het hulle gekom om die Here te soek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Juda het bymekaargekom om vir die Here te vra wat hulle moet doen. Hulle het uit al die stede van Juda gekom om vir die Here te vra om hulle te help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het toe uit al die stede en dorpe van Juda bymekaargekom om die Here te vra om hulle te help.