2 Chronicles 20:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Eliëser, die seun van Dodawa uit Marésa, teen Jósafat geprofeteer en gesê: Omdat jy jou by Ahásia aangesluit het, het die HERE jou werke verbreek. En die skepe was stukkend, sodat hulle nie na Tarsis kon gaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eliëser seun van Dodawa uit Maresa het teen Josafat geprofeteer. Hy het gesê: “Omdat jy ’n verdrag met koning Ahasia aangegaan het, sal die Here jou werk vernietig.” Die skepe het vergaan en kon nie na Tarsis vaar nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Eliëser, die seun van Dodawa, uit Mar,sa, het teen Josafat geprofeteer en gesê: Omdat u 'n bondgenootskap met Ah sia aangegaan het, verbreek die HERE u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie. |
| Afrikaans 1983 | Eliëser seun van Dodawa, uit Maresa, het 'n profesie teen Josafat uitgespreek en gesê: “Omdat jy 'n vennootskap met Ahasia aangegaan het, sal die Here hierdie onderneming van jou laat misluk.” Die skepe het vergaan en het Tarsis nie bereik nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het Eliëser, seun van Dodawa, uit Maresa teen Josafat geprofeteer en gesê: “Omdat jy 'n ooreenkoms gesluit het met Ahasia, sal die Here jou onderneming laat misluk.” Die skepe het vergaan; hulle kon nie na Tarsis vaar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Eliëser seun van Dodawa van die stad Maresa het vir Josafat 'n boodskap van die Here gebring. Hy het gesê: “Die Here sal jou werk laat misluk omdat jy 'n ooreenkoms gemaak het met Ahasia.” Die skepe het gebreek, en hulle kon nie na Tarsis gaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eliëser, Dodawa se seun uit Maresa, het die volgende profetiese woorde oor Josafat gesê: “Omdat jy saam met Ahasia gewerk het, sal die Here jou projek laat misluk.” Die skepe het toe vergaan en Tarsis nooit bereik nie. |