2 Chronicles 20:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarna het Jósafat, die koning van Juda, hom aangesluit by Ahásia, die koning van Israel, wat baie goddeloos gehandel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar teen die einde van sy lewe het koning Josafat ’n verdrag gesluit met koning Ahasia van Israel, wat ’n baie goddelose man was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar daarna het Josafat, die koning van Juda, 'n bondgenootskap aangegaan met Ah sia, die koning van Israel, wat goddeloos gehandel het. |
| Afrikaans 1983 | Later het koning Josafat van Juda 'n vennootskap aangegaan met koning Ahasia van Israel, 'n goddelose man. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Later het Josafat, die koning van Juda, 'n ooreenkoms gesluit met Ahasia, die koning van Israel. Daardie man het goddeloos opgetree. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Josafat van Juda het later 'n ooreenkoms gemaak met koning Ahasia van Israel. Ahasia was 'n man wat verkeerde dinge gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later het Josafat ’n vennootskap met koning Ahasia van Israel aangegaan. Dit was ’n baie groot fout. |