2 Chronicles 20:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die hoogtes is nie weggeneem nie, want die volk het nog nie hulle hart op die God van hulle vaders voorberei nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gedurende sy bewind het hy egter nagelaat om al die heidense hoogtes te verwyder. Die volk het hulleself ook nie ten volle aan die God van hulle voorouers verbind nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog nie hulle hart op die God van hulle vaders gerig nie. |
| Afrikaans 1983 | Die hoogtes het egter nie verdwyn nie, en die volk het hulle hart nog nie voluit op die God van hulle voorvaders gerig nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die offerhoogtes is egter nie verwyder nie. Die volk het steeds nie hulle harte gerig op die God van hulle voorouers nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar daar was nog offer-plekke, en die mense was nie heeltemal gehoorsaam aan die God van hulle voorvaders nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | maar hy het nie die hoogtes waar die mense ander gode gedien het, vernietig nie. Die mense van Juda het ook nog nie vir God met alles in hulle gedien nie. |