2 Chronicles 20:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jósafat het oor Juda geregeer; hy was vyf en dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf en twintig jaar in Jerusalem geregeer. En die naam van sy moeder was Asúba, die dogter van Silhi.
Afrikaans (NLV) 2011 Josafat het oor die land Juda geheers. Hy was 35 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het 25 jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Asuba dogter van Silgi.
Afrikaans 1933/1953 En Josafat het oor Juda geregeer; hy was vyf en dertig jaar oud toe hy koning geword het, en vyf en twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asuba, die dogter van Silhi.
Afrikaans 1983 Josafat het oor Juda geregeer. Hy was vyf en dertig toe hy koning geword het en het vyf en twintig jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy ma was Asuba 'n dogter van Silgi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josafat het oor Juda regeer. Hy was vyf-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-twintig jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Asuba, dogter van Silgi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josafat was koning van Juda. Hy was 35 jaar oud toe hy koning geword het en hy was 25 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Asuba dogter van Silgi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josafat was 35 jaar oud toe hy koning van Juda geword het. Hy het 25 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Asuba, ’n dogter van Silgi.