2 Chronicles 20:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die ryk van Jósafat was stil, want sy God het hom rondom rus gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was vrede in Josafat se koninkryk omdat God vir hulle rus aan alle kante gegee het.
Afrikaans 1933/1953 Verder het die koninkryk van Josafat gerus, en sy God het hom rondom rus verskaf.
Afrikaans 1983 Die heerskappy van Josafat het rustig voortgegaan, en sy God het hom na alle kante toe rus gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josafat se koninkryk het rus gehad, want sy God het vir hom aan alle kante rus gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar in die land van Josafat was alles stil en rustig. Die Here het vir hom vrede gegee, daar was nie vyande rondom hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As gevolg daarvan het Josafat se koninkryk vrede beleef. God het vir hom vrede gegee met al sy buurlande.