2 Chronicles 20:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vrees van God was oor al die koninkryke van daardie lande toe hulle hoor dat die HERE teen die vyande van Israel geveg het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die omringende koninkryke hoor dat die Here self teen die vyande van Israel geveg het, het die vrees vir God oor hulle gekom.
Afrikaans 1933/1953 En die skrik vir God was op al die koninkryke van die lande toe hulle hoor dat die HERE teen die vyande van Israel gestry het.
Afrikaans 1983 Al die koninkryke was van skrik bevange vir God toe hulle hoor dat die Here oorlog gevoer het teen die vyande van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vrees vir God het al die koninkryke van die lande oorval toe hulle hoor dat die Here teen Israel se vyande geveg het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volke in al die lande het baie bang geword toe hulle hoor dat die Here oorlog gemaak het teen die vyande van Israel. God het die volke bang laat word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Israel se buurvolke hoor dat die Here self vir Israel teen hulle vyande geveg het, het hulle baie bang geword vir God.