2 Chronicles 20:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hulle teruggekeer, elke man van Juda en Jerusalem, en Jósafat voor hulle, om met blydskap na Jerusalem terug te gaan; want die HERE het hulle laat juig oor hulle vyande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het al die mense van Juda en Jerusalem teruggegaan na Jerusalem toe. Josafat het hulle gelei en hulle was vol vreugde omdat die Here die oorwinning oor hulle vyande gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe draai al die manne van Juda en Jerusalem om, met Josafat aan hulle hoof, om met vreugde na Jerusalem terug te gaan; want die HERE het aan hulle vreugde verskaf oor hul vyande. |
| Afrikaans 1983 | Al die manne van Juda en Jerusalem, met Josafat aan die hoof, is toe met groot blydskap terug Jerusalem toe. Die Here het hulle bly gemaak oor hulle vyande. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die manne van Juda en Jerusalem het, met Josafat aan die voorpunt, omgedraai om vol vreugde na Jerusalem terug te keer, omdat die Here hulle bly gemaak het oor hulle vyande. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die manne van Juda en Jerusalem het toe omgedraai. Josafat het voor hulle geloop, en hulle het teruggegaan na Jerusalem. Hulle was baie bly, want die Here het hulle bly gemaak oor hulle vyande. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het die hele leër van Josafat teruggegaan Jerusalem toe. Hulle was baie bly omdat die Here vir hulle ’n oorwinning oor hulle vyande gegee het. |