2 Chronicles 20:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die vierde dag het hulle bymekaargekom in die dal van Beraga; want daar het hulle die HERE geprys; daarom is die naam van dieselfde plek genoem: Die dal Beraga, tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die vierde dag het hulle in die Vallei van Seëninge die Here geseën en geprys. Dit is waarom die plek tot vandag toe Vallei van Seëninge genoem word.
Afrikaans 1933/1953 En op die vierde dag het hulle in die Lofdal byeengekom, want daar het hulle die HERE geloof; daarom het hulle die plek Lofdal genoem tot vandag toe.
Afrikaans 1983 Op die vierde dag het hulle 'n samekoms gehou in die Lofdal. Hulle het die Here daar geloof, daarom noem hulle dié plek tot vandag toe die Lofdal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die vierde dag het hulle in die Berakavallei byeengekom; ja, daar het hulle die Here geprys. Daarom word daardie plek Vallei van Lofprysing genoem; dit is vandag nog so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volgende dag het hulle bymekaargekom in die Prys-vallei, want hulle het die Here daar geprys. Dit is hoekom mense die plek vandag nog “Prys-vallei” noem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die vierde dag het hulle in die Lofdal bymekaargekom. Hulle het die plek só genoem omdat dit die plek is waar hulle die Here geloof het en vir Hom dankie gesê het vir wat Hy vir hulle gedoen het. Die plek word nog altyd Lofdal genoem.