2 Chronicles 20:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Jósafat en sy volk gekom het om die buit van hulle weg te neem, het hulle in oorvloed onder hulle gevind sowel rykdom met die lyke en kosbare juwele wat hulle vir hulleself afgetrek het, meer as wat hulle kon wegdra; en hulle was drie dae in die versameling van die buit, dit was so baie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Josafat en sy manne het gegaan en die buit bymekaargemaak. Hulle het baie toerusting, klere en ander kosbare voorwerpe gekry, meer as wat hulle kon dra. Daar was so baie buit dat dit drie dae geneem het om dit te versamel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Josafat en sy manskappe gekom om die buit in te samel en hulle het by hulle 'n menigte goed en klere en kosbare voorwerpe gekry, en het soveel vir hulle gebuit dat hulle dit nie kon wegdra nie; en hulle was drie dae lank besig om die buit in te samel, want dit was groot. |
| Afrikaans 1983 | Josafat en sy manskappe het die buit bymekaar kom maak en 'n groot hoeveelheid gekry: persoonlike besittings aan die lyke en allerlei kosbare goed. Hulle het soveel gekry dat hulle dit nie kon dra nie. Drie dae lank was hulle besig om die buit bymekaar te maak, soveel was dit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josafat en sy manskappe het gegaan om oorlogsbuit bymekaar te maak. Hulle kry toe groot hoeveelhede toerusting en klere, sowel as waardevolle artikels by hulle. Hulle het vir hulleself soveel gebuit dat hulle dit nie kon dra nie. Hulle was drie dae lank besig om oorlogsbuit bymekaar te maak, want daar was baie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josafat en sy manne het gekom om die vyande se goed te vat. Hulle het baie goed daar gekry, klere en kosbare goed wat hulle kon vat, hulle kon dit nie alles dra nie. Hulle het drie dae lank die goed weggedra, want dit was so baie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Josafat en sy leër die lyke geplunder en ’n geweldige klomp goed bymekaargemaak. Daar was klere en waardevolle voorwerpe, soveel dat hulle drie dae lank gewerk het om alles bymekaar te kry. |