2 Chronicles 20:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Juda na die wagtoring in die woestyn kom, het hulle na die skare gekyk, en kyk, dit was lyke wat op die aarde geval het, en niemand het vrygekom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Teen die tyd dat die leër van Juda by die uitkykpunt oor die woestyn kom, was daar so ver hulle kon sien net lyke op die grond. Nie een van die vyand het ontsnap nie.
Afrikaans 1933/1953 En toe Juda op die wagkop by die woestyn kom en hulle na die menigte kyk, lê hulle daar dood op die grond; en niemand het vrygeraak nie.
Afrikaans 1983 Toe die Judeërs by die uitkykpos teenaan die woestyn kom en na die magtige vyand soek, lê daar net lyke op die grond. Daar was nie een oorlewende nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Juda, toe hulle by die uitkykpos in die woestyn kom en rondsoek na die menigte, kyk, toe lê daar net lyke op die grond, niemand het ontkom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Judeërs het by 'n plek in die woestyn gekom waar hulle kon staan en ver kon sien wat gebeur. Hulle het gekyk waar die vyande is, en hulle het die lyke daar op die grond gesien lê. Niemand het vry weggekom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Judeërs by hulle uitkykpunt kom, het hulle in die vallei afgekyk en net ’n klomp lyke daar sien lê. Nie een van die vyand het weggekom nie.