2 Chronicles 20:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die kinders van Ammon en Moab het opgestaan teen die inwoners van die gebergte Seïr om hulle met die banvloek te tref en hulle te vernietig;
Afrikaans (NLV) 2011 Die leërs van Moab en Ammon het teen hulle bondgenote uit die Seïrberge gedraai en elkeen van hulle doodgemaak. Nadat hulle die leër van Seïr vernietig het, het hulle mekaar vernietig.
Afrikaans 1933/1953 Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Se‹r om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Se‹r klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp.
Afrikaans 1983 Toe val die Ammoniete en die Moabiete die inwoners van die Seïrberge aan en spaar niemand nie en roei hulle uit. En toe hulle klaar was met die inwoners van Seïr, het hulle mekaar begin uitdelg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Ammoniete en Moabiete het teen die inwoners van die Seïrberge opgestaan om hulle aan volledige vernietiging oor te gee en uit te delg. Toe hulle klaar was met die inwoners van Seïr, het hulle mekaar help vernietig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Ammoniete en die Moabiete het toe die mense van die Seïr-berge aangeval en hulle het almal doodgemaak. Daarna het hulle mekaar begin doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eers het die leërs van Ammon en Moab saam teen die mense van die Seïrberge geveg en hulle almal doodgemaak. Toe hulle daarmee klaar was, het hulle teen mekaar begin veg.