2 Chronicles 20:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle begin sing en prys, het die HERE hinderlae opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die gebergte Seïr wat teen Juda aangekom het; en hulle is geslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die oomblik toe hulle begin sing en die Here prys, het Hy veroorsaak dat die leërs van Ammon, Moab en die Seïrberge onder mekaar begin veg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE 'n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Se‹r wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is. |
| Afrikaans 1983 | Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete, die Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle het die een neerlaag na die ander gely. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die oomblik toe hulle met 'n jubelkreet 'n loflied begin sing, het die Here 'n hinderlaag beskik teen die Ammoniete, Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle is verslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van die Seïr-berge wou vir Juda kom aanval. En presies dieselfde tyd toe Josafat se mense begin het om te sing en om die Here te prys, het die Here die Ammoniete en die Moabiete en die mense van die Seïr-berge laat dink dat daar vyande voor hulle en agter hulle is, hulle het gedink hulle sal die oorlog verloor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net toe hulle so begin juig en sing, het die Here gesorg dat die leërs van Ammon, Moab en die mense van die Seïrberge af, wat eintlik teen Juda wou kom oorlog maak, teen mekaar begin veg. |