2 Chronicles 20:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat hy met die volk beraadslaag het, het hy sangers tot eer van die HERE aangestel om die heerlikheid van heiligheid te loof terwyl hulle voor die leër uitgetrek het, en om te sê: Prys die HERE! want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat hy die leiers van die volk geraadpleeg het, het die koning sangers aangestel om voor die leër uit te stap. Hulle het tot eer van die Here gesing en Hom geprys vir sy heerlike heiligheid: “Loof die Here, want sy troue liefde duur vir altyd.”
Afrikaans 1933/1953 En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
Afrikaans 1983 Josafat het met die volk oorleg gepleeg en toe sangers laat plek neem voor die gewapende manne. Hulle het vooruit geloop in hulle gewyde klere en die Here geloof met die woorde: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat hy met die manskappe beraadslaag het, het hy sangers vir die Here aangestel wat sy glansryke heiligheid moes loof terwyl hulle voor die gewapende manne uitgaan. Hulle moes sê: “Prys die Here, want vir ewig duur sy troue liefde!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Josafat vir die mense gevra het wat hulle dink, het hy mense gekies en aangestel wat moes sing. Hulle moes voor die soldate loop en hulle moes die Here, die Koning, prys. Hulle moes sing “Prys die Here, want Hy doen altyd wat Hy belowe het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het hy met die leiers gesels en hulle het besluit om sangers voor die leër te laat uitloop. Die sangers moes die Here loof met die woorde: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie!”