2 Chronicles 20:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom daar sommige wat vir Jósafat vertel en gesê het: Daar kom 'n groot menigte teen jou van anderkant die see, duskant Aram; en kyk, hulle is in Hasazontamar, dit is Engedi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Boodskappers het gekom en vir Josafat vertel: “’n Groot leër van Edom trek op teen u van anderkant die Dooie See. Hulle is alreeds by Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hulle kom en aan Josafat berig bring en sê: Daar kom 'n groot menigte teen u van anderkant die see, van Edom af, en kyk, hulle is al in H seson-Tamar -- dit is Ângedi -- |
| Afrikaans 1983 | Josafat het berig gekry: “'n Groot menigte van oorkant die Dooie See, van Edom af, het teen u opgetrek. Hulle is al by Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mense het gekom en Josafat ingelig: “'n Groot menigte trek teen u op van anderkant die see, van Aram se kant af. Kyk, hulle is al by Gaseson-Tamar. ” Gaseson-Tamar is En-Gedi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party mense het vir Josafat kom sê: “Daar het 'n groot klomp manne gekom om jou land aan te val. Hulle het gekom van anderkant die Dooie See uit die land Edom. Hulle is al klaar in die stad Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende boodskap het Josafat bereik: “Daar kom ’n groot leër aan om teen u te veg. Hulle kom van Edom se kant af, anderkant die Dooie See, en het reeds by Gaseson-Tamar (oftewel En-Gedi) aangekom.” |