2 Chronicles 20:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Leviete, uit die kinders van die Kehatiete en uit die kinders van die Korhiete, het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met 'n groot stem in die hoogte te loof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Leviete van Kehat en die Koragiete het opgestaan om die Here die God van Israel met oorgawe te prys. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Leviete uit die kinders van die Kehatiete en uit die kinders van die Koragiete het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met 'n baie groot stem te prys. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die Leviete van die Kehat- en die Koraggroepe opgestaan en die Here die God van Israel uit volle bors geprys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Leviete uit die nageslag van Kehat en die nageslag van Korag het opgestaan om die Here, die God van Israel, met baie harde stemme te loof. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het die Leviete van die Kehat-familie en die Korag-familie opgestaan om die Here, die God van Israel, te prys. Hulle het baie hard gesing. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Leviete uit die Kehat- en die Koraggroep het toe opgestaan en die Here, Israel se God, baie hard begin prys. |