2 Chronicles 20:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jósafat het sy hoof met sy aangesig na die aarde gebuig, en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die aangesig van die HERE geval en die HERE aanbid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Josafat het toe met sy gesig na die grond toe gekniel. Al die inwoners van Juda en Jerusalem het ook so gemaak en die Here aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe buig Josafat hom met die aangesig na die aarde toe, en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die aangesig van die HERE neergeval om die HERE te aanbid. |
| Afrikaans 1983 | Toe kniel Josafat, en al die mense van Juda en Jerusalem het voor die Here gebuig en Hom eer betoon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe kniel Josafat met sy gesig na die grond. Die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die Here neergeval om voor die Here in aanbidding te buig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Josafat gekniel met sy gesig na die grond, en al die mense van Juda en Jerusalem het voor die Here op hulle knieë gestaan en hulle het voor Hom gebuig met hulle gesigte teen die grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Josafat het met sy gesig na die grond toe neergekniel. Al die mense van Juda en Jerusalem het sy voorbeeld gevolg en die Here begin aanbid. |