2 Chronicles 20:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Trek môre af teen hulle; kyk, hulle kom op by die krans van Sis; en julle sal hulle vind aan die einde van die spruit, voor die woestyn van Jeruel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Môre moet julle teen hulle uittrek. Julle sal hulle teëkom wanneer hulle opkom teen die pas van Sis, by die einde van die vallei wat uitmond op die Jeruelwoestyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Trek môre af teen hulle: kyk, hulle kom op met die hoogte Hassis, en julle sal hulle aantref aan die kant van die dal voor die woestyn Jeruel. |
| Afrikaans 1983 | Trek hulle môre tegemoet wanneer hulle in die Bloeiselpas opkom. Julle sal hulle aantref by die punt van die vallei wat in die Jeruelwoestyn uitloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Trek môre af, teen hulle uit. Kyk, hulle gaan met die opdraande van Hassis opkom, en julle sal hulle by die eindpunt van die dal voor die Jeruelwoestyn aantref. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet môre afgaan na hulle toe. Hulle kom nou op in die Bloeisel-pas. Julle sal hulle kry by die punt van die vallei langs die kant van die Jeruel-woestyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak reg en trek môre teen hulle uit. Hulle sal met die opdraande van Sis se kant af kom en julle sal hulle kry net daar waar die kloof oopmaak na die Jeruëlwoestyn se kant toe. |