2 Chronicles 20:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Luister, o hele Juda, en julle inwoners van Jerusalem, en koning Jósafat: So sê die HERE vir julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie; want die stryd is nie joune nie, maar God s'n.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gesê: “Luister, alle inwoners van Juda en Jerusalem! Luister, koning Josafat! Dit is wat die Here vir julle sê: Moenie bang wees nie! Moenie moedeloos wees oor hierdie magtige leër nie, want die oorlog is nie julle s’n nie, maar God s’n.
Afrikaans 1933/1953 en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Josafat! So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.
Afrikaans 1983 en sê: “Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat! So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hy het gesê: “Luister mooi, die hele Juda, inwoners van Jerusalem en u, koning Josafat! So sê die Here vir julle, ‘Julle moenie bang wees of julle laat afskrik deur hierdie groot menigte nie, want dit is nie julle geveg nie, maar God s'n.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy het gesê: “Luister, al julle mense van Juda, en julle wat in Jerusalem woon, en koning Josafat. Die Here sê vir julle: Julle moenie bekommerd wees nie, julle moenie bang wees vir hierdie klomp vyande nie, want dit is nie julle oorlog nie, dit is God se oorlog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jagasiël het vir die vergadering gesê: “Luister na my, al julle Judeërs en inwoners van Jerusalem! U ook, koning Josafat, luister wat ek te sê het, want die boodskap kom van die Here af. Hy sê: ‘Moenie bang wees of vir die groot leër terugdeins nie. Hierdie geveg is nie júlle probleem nie. Dit is ’n saak wat God self sal uitstryk.