2 Chronicles 20:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het die Gees van die HERE oor Jahasiël, die seun van Sagaria, die seun van Benaja, die seun van Jeïel, die seun van Mattanja, 'n Leviet uit die seuns van Asaf, die Gees van die HERE in die midde van die vergadering gekom;
Afrikaans (NLV) 2011 het die Gees van die Here in die vergadering oor een van die manne gekom. Sy naam was Jagasiël seun van Sagaria, seun van Benaja, seun van Jeïel, seun van Mattanja, ’n Leviet uit die nageslag van Asaf.
Afrikaans 1933/1953 Toe kom die Gees van die HERE in die midde van die vergadering op Jah siël, die seun van Sagar¡a, die seun van Ben ja, die seun van Je‹-el, die seun van Matt nja, die Leviet uit die kinders van Asaf;
Afrikaans 1983 Toe kom die Gees van die Here daar in die gemeente oor die Leviet Jagasiël seun van Sagaria, seun van Benaja, seun van Jeïel, seun van Mattanja, uit die nageslag van Asaf,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jagasiël, seun van Sagaria, seun van Benaja, seun van Jeïel, seun van Mattanja, 'n Leviet uit die nageslag van Asaf, oor hom het die Gees van die Here midde-in die byeenkoms gekom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jagasiël was ook daar. Hy was die seun van Sagaria seun van Benaja seun van Jeïel seun van Mattanja. Jagasiël was 'n Leviet van die Asaf-familie. Die Gees van die Here het daar in die vergadering op Jagasiël gekom,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here se Gees het toe deur een van die mans in die vergadering gepraat. Sy naam was Jagasiël, ’n Leviet. Sy voorouers was Sagaria, Benaja, Jeïel en Mattanja. Hulle was lede van die familiegroep van Asaf.