2 Chronicles 20:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele Juda het voor die aangesig van die HERE gestaan, met hulle kindertjies, hulle vroue en hulle kinders.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl die manne van Juda met hulle vroue, kinders en suigelinge voor die Here gestaan het,
Afrikaans 1933/1953 En die hele Juda het voor die HERE gestaan, ook hulle kinders, hulle vroue en hulle seuns.
Afrikaans 1983 Die hele Juda en hulle afhanklikes, vrouens en kinders, het daar voor die Here gestaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele Juda het voor die Here gestaan, selfs hulle kleuters, hulle vroue en kinders.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mans van Juda het daar voor die Here gestaan, die mans en hulle oumense en hulle vroue en hulle kinders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hele Juda, mans, vroue en kinders, het almal saam voor die Here gestaan en pleit om hulp.