2 Chronicles 20:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O onse God, wil U hulle nie oordeel nie? want ons het geen krag teen hierdie groot menigte wat teen ons kom nie; en ons weet nie wat om te doen nie, maar ons oë is op U.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons God, sal U nie oor hulle oordeel nie? Ons is magteloos teen hierdie groot leër wat op die punt is om ons aan te val. Ons weet nie wat om te doen nie, maar ons kyk op na U vir hulp.”
Afrikaans 1933/1953 Onse God, sal U nie teen hulle strafgerig oefen nie? Want in ons is geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie; en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U.
Afrikaans 1983 Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons God, sal U hulle dan nie oordeel nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, teen te staan nie. Ons self weet nie wat om te doen nie, maar op U is ons oë gerig. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons God, U moet hulle straf, want ons is te swak om oorlog te maak teen hierdie groot klomp mense. Ons weet nie wat om te doen nie. Daarom vra ons dat U ons moet help.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God, sal U hulle stop, asseblief? Ons kan niks teen so ’n oormag doen nie. Ons weet nie wat om te doen nie, maar ons glo dat U ons sal help.”