2 Chronicles 20:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, sê ek, hoe hulle ons beloon om ons te kom verdryf uit u besitting wat U ons as erfdeel gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk hoe beloon hulle ons nou! Hulle kom om ons uit u land wat U vir ons gegee het, te verdryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, kyk, hulle vergeld ons dit deur te kom om ons uit u besitting te verdrywe wat U aan ons as 'n eiendom gegee het. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou vergoed hulle ons deur te kom en ons uit u besitting te wil verdryf wat U aan ons gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En kyk hoe vergoed hulle ons – hulle kom en verdryf ons uit u eiendom wat U aan ons as besitting gegee het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou het hierdie volke gekom om ons aan te val. Hulle wil ons wegjaag uit hierdie land wat U vir ons gegee het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kyk hoe beloon hulle ons nou daarvoor! Hulle is nou hier om ons uit die land te gooi wat U vir ons as ’n geskenk gegee het. |