2 Chronicles 20:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, kyk, die kinders van Ammon en Moab en die gebergte Seïr, vir wie jy Israel nie wou laat inval nie, toe hulle uit Egipteland uitgetrek het, maar hulle van hulle afgedraai en hulle nie vernietig het nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Kyk nou wat hierdie leërs van Ammon, Moab en die Seïrberge doen. Toe Israel uit Egipte getrek het, het U ons voorouers nie toegelaat om hierdie volke aan te val en hulle te verwoes nie.
Afrikaans 1933/1953 En hier is nou die kinders van Ammon en Moab en die mense van die gebergte Se‹r, onder wie U Israel nie toegestaan het om te trek by hulle koms uit Egipteland nie; want hulle het van hulle weggedraai en hulle nie verdelg nie.
Afrikaans 1983 “Nou het die mense van Ammon en Moab en die Seïrberge gekom. U het Israel met sy trek uit Egipte nie toegelaat om in hulle gebied te kom nie. Die Israeliete het daardie mense vermy en hulle nie uitgeroei nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar nou, hier is die mense van Ammon, Moab en die Seïrberge. U het Israel, toe hulle uit Egipteland op pad was, nie toegelaat om naby hulle te kom nie. Ja, Israel het van hulle af weggedraai en hulle nie vernietig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou het die Ammoniete en Moabiete en die mense van Seïr-berg gekom om ons aan te val. Toe die Israeliete uit Egipte gekom het, het U die Israeliete nie in hierdie volke se lande laat kom nie. U het gesê die Israeliete moet wegdraai van hierdie volke. Die Israeliete het nie hierdie volke doodgemaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou het die mense van Ammon, Moab en die Seïrberge saamgetrek om ons aan te val. Destyds, op pad van Egipte af, het U die Israeliete verbied om hulle aan te val. Trouens, die Israeliete het om hulle getrek en hulle nie aangeval en uitgeroei nie.