2 Chronicles 19:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle doen in die vrees van die HERE, getrou en met 'n volkome hart.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was die opdragte aan hulle: “Julle moet altyd optree in eerbied vir die Here, met opregtheid en met onpartydigheid.
Afrikaans 1933/1953 En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die HERE, met getrouheid en met 'n volkome hart.
Afrikaans 1983 Hy het hulle beveel: “Julle moet julle opdrag uitvoer in eerbied vir die Here, in trou en in volkome onpartydigheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hulle beveel: “So moet julle optree: met ontsag vir die Here, met betroubaarheid en met onverdeelde harte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josafat het vir hulle gesê: “Julle moet die Here respekteer, julle moet julle werk doen soos Hy wil hê en julle moet dit doen met julle hele hart.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir hulle gesê: “Julle moet altyd só optree dat julle die Here tevrede stel. Doen julle werk getrou en met toewyding.