2 Chronicles 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het Jósafat in Jerusalem uit die Leviete en van die priesters en van die familiehoofde van Israel aangestel, vir die oordeel van die HERE en vir twis, wanneer hulle na Jerusalem teruggekeer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Josafat het sommige van die Leviete en priesters en stamhoofde in Israel aangestel om op te tree as regters in Jerusalem met die oog op sowel die godsdienstige as die burgerlike geskille.
Afrikaans 1933/1953 En ook in Jerusalem het Josafat sommige van die Leviete en van die priesters en van die familiehoofde uit Israel aangestel vir die gereg van die HERE en vir regsake. En hulle het in Jerusalem teruggekom.
Afrikaans 1983 Ook in Jerusalem het Josafat persone aangestel vir die regspraak van die Here en vir die beslegting van gedinge tussen inwoners van die stad. Die regters is aangestel uit die Leviete en die priesters en die familiehoofde van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook in Jerusalem het Josafat van die Leviete, priesters en familiehoofde van Israel aangestel vir sake wat betrekking het op die wet van die Here, en vir gewone regsgeskille. Hulle het in Jerusalem gewoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josafat het ook in Jerusalem party Leviete en priesters en familiehoofde van die Israeliete gekies en aangestel om te besluit wat is reg en wat is verkeerd wanneer mense moet doen wat die Here wil hê, hulle moes ook besluit wat is reg en wat is verkeerd wanneer mense mekaar beskuldig. Hierdie regters het in Jerusalem gewoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In Jerusalem het Josafat ook sekere Leviete, priesters en familiehoofde van Israel as regters aangestel. Hulle was verantwoordelik vir die toepassing van die wet van die Here en ook vir siviele hofsake tussen mense in die land.