2 Chronicles 19:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom moet die vrees van die HERE nou oor julle wees; Pas op en doen dit, want daar is geen ongeregtigheid by die HERE onse God nie, geen aansien van die persoon en geen aanneming van geskenke nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Vrees die Here en oordeel met versigtigheid, want die Here ons God verdra nie verdraaide regspraak, partydigheid of die aanvaarding van omkoopgeld nie.”
Afrikaans 1933/1953 Mag die skrik vir die HERE dan nou op julle wees; handel nougeset, want by die HERE onse God is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie.
Afrikaans 1983 Mag die vrees vir die Here julle bybly! Wees versigtig en doen julle plig. By die Here ons God is daar nie onreg en bevoordeling en korrupsie nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, laat vrees vir die Here julle lei. Tree nougeset op, want by die Here ons God is daar geen onreg, partydigheid of aanvaarding van omkoopgeskenke nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom moet julle bang wees vir die Here, julle moet oppas wat julle doen, want ons God die Here sal nie daarvan hou dat julle mense onregverdig oordeel nie, of dat julle goed is vir party mense en nie goed is vir ander mense nie. Hy sal ook nie daarvan hou dat julle geld neem van party mense en dan verkeerd oordeel nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wees versigtig vir die Here en dink mooi wat julle doen, want die Here verdra geen onreg, partydigheid of omkopery nie.”