2 Chronicles 19:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het aan die regters gesê: Pas op wat julle doen, want julle oordeel nie vir mense nie, maar vir die HERE wat met julle is in die oordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en aan hulle bepaalde opdragte gegee: “Dink versigtig voordat julle oordele uitspreek. Onthou dat julle nie regspreek om mense te bevredig nie, maar om die Here te bevredig. Hy sal by julle wees wanneer julle uitspraak lewer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het aan die regters gesê: Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir die HERE; en Hy is by julle in die regspraak. |
| Afrikaans 1983 | en hulle opdrag gegee: “Let goed op wat julle doen, want julle oefen die regspraak uit nie vir mense nie, maar vir die Here. Die verantwoordelikheid vir die reg rus op julle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir die regters gesê: “Julle moet besef wat julle besig is om te doen, want julle spreek nie reg vir mense nie, maar vir die Here. Hy staan julle by in die regspraak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het vir hulle gesê: “Julle moet goed dink wat julle doen, want dit is nie ménse wat vir julle gekies het en regters gemaak het nie, dit is die Hére. Hy is by julle wanneer julle moet besluit wat is reg en wat is verkeerd. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir hulle gesê: “Wees versigtig in julle werk. Onthou dat julle as regters nie mense tevrede moet stel nie, maar vir die Here. Hy sal julle help wanneer julle uitspraak lewer. |