2 Chronicles 19:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jósafat het in Jerusalem gewoon, en hy het weer uitgetrek deur die volk van Berséba af na die gebergte van Efraim en hulle teruggebring na die HERE, die God van hulle vaders.
Afrikaans (NLV) 2011 Josafat het in Jerusalem gewoon, maar het weer tussen sy mense rondgegaan. Hy het van Berseba tot by die Efraimsberge gereis en die mense aangemoedig om hulle tot die Here die God van hulle voorouers te bekeer.
Afrikaans 1933/1953 En Josafat het in Jerusalem gewoon, en hy het weer uitgegaan onder die volk, van Bers,ba af tot by die gebergte van Efraim, en hulle laat terugkeer tot die HERE, die God van hulle vaders.
Afrikaans 1983 Nadat Josafat 'n tyd in Jerusalem gebly het, het hy weer 'n keer sy mense besoek, van Berseba af tot in die Efraimsberge, en die volk laat terugkom na die Here, die God van hulle voorvaders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josafat het in Jerusalem gewoon, maar het weer uitgegaan tussen die mense, van Berseba af tot in die heuwelland van Efraim. Hy het hulle laat terugdraai na die Here, die God van hulle voorouers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josafat het in Jerusalem gewoon, maar hy het weer na die mense toe gegaan, van die stad Berseba in die suide tot by die Efraim-berge in die noorde, en hy het die mense laat terugkom na die Here, die God van hulle voorvaders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josafat het in Jerusalem gewoon, maar hy het weer uitgegaan en sy mense besoek. Hy het van Berseba af tot in die Efraimsberge deur die land rondgegaan. Josafat het die mense opgeroep om na die Here, die God van hulle vaders, terug te kom.