2 Chronicles 19:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar daar is goeie dinge in jou gevind deurdat jy die bosse uit die land weggeneem en jou hart voorberei het om God te soek.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar u het ook goeie dinge gedoen, want u het die Asjerapale dwarsdeur die land vernietig en u het u daarop toegespits om God te dien.”
Afrikaans 1933/1953 Tog is daar goeie dinge by u gevind, want u het die heilige boomstamme uit die land uitgeroei en u hart daarop gerig om God te soek.
Afrikaans 1983 “Tog, daar is ook goeie dinge by u te vinde: u het die gewyde pale in die land verbrand en u daarop ingestel om na die wil van God te vra.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tog is daar by jou goeie dinge gevind, want jy het die asjeras uit die land uitgeroei en jou hart daarop gerig om God te soek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar jy het ook goeie dinge gedoen, want jy het die gewyde pale wat in die land was, laat verbrand en jy het regtig probeer om die Here te dien.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar jy het darem goeie dinge ook gedoen, soos toe jy die pale ter ere van die afgod Asjera uitgeroei het en toe jy begin het om net te doen wat God wil hê.”