2 Chronicles 19:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, die hoofpriester Amarja is oor julle in alle sake van die HERE; en Sebadja, die seun van Ismael, die owerste van die huis van Juda, vir al die sake van die koning; ook moet die Leviete voor jou aangesig wees. Hou moed, en die HERE sal met die goeies wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die hoëpriester Amarja sal die hoogste gesag oor julle wees in alle sake van die Here. Sebadja seun van Ismael, ’n leier in Juda, sal die hoogste gesag wees in alle sake van die koning. Die Leviete sal julle bystaan om seker te maak dat reg sal geskied. Tree op met moed wanneer julle julle pligte nakom, want die Here is aan die kant van hulle wat reg doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, Am rja, die hoofpriester, is oor julle vir enige saak van die HERE, en Seb dja, die seun van Ismael, die bevelhebber van die huis van Juda, vir enige saak van die koning, en as opsigters staan die Leviete tot julle beskikking; julle moet sterk wees en dit doen. En mag die HERE met die goeies wees! |
| Afrikaans 1983 | Die hoëpriester Amarja is die hoogste gesag oor julle vir alle sake van die Here, en Sebadja seun van Ismael en hoof van die stam Juda vir alle sake van die koning. Die Levitiese regsbeamptes is tot julle beskikking. Staan sterk en doen julle plig. Die Here is aan die kant van die goeie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, die hoofpriester Amarja is oor julle aangestel vir enige saak met betrekking tot die Here, en Sebadja, seun van Ismael, die leier van die huis van Juda, vir enige saak wat betrekking het op die koning. As opsieners is die Leviete tot julle beskikking. Wees onwrikbaar in julle optrede; en mag die Here met die goeies wees!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En onthou, die hoëpriester Amarja is julle hoof wanneer julle moet oordeel oor die dinge van die Here, en Sebadja, die stamhoof van Juda, is julle hoof wanneer julle moet oordeel oor die dinge van die koning. Sebadja is die seun van Ismael. Die Leviete is die mense wat vir julle moet help. Julle moet sterk wees. Die Here sal by mense wees wat goed doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hoogste gesag in alle godsdienstige sake is die hoëpriester Amarja. Die hoogste gesag in alle siviele sake is Sebadja, Ismael se seun wat leier is van die Judastam. Die Leviete sal julle help sorg dat die reg toegepas word. Staan sterk en doen julle werk goed. Mag die Here self sorg dat reg geskied!” |